Arabiere

Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Arabies.
Arabiere

Totale bevolking: ca. 430–450 miljoen[1]
Belangrike bevolkings  in: Arabiese Liga ~423 miljoen

Vlag van Brasilië Brasilië ~9 miljoen[2]
Vlag van Frankryk Frankryk 5,9 miljoen[3]
Vlag van Argentinië Argentinië 4,5 miljoen[4]
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State 3,5 miljoen[5]
Vlag van Turkye Turkye 1,8–2,6 miljoen[6]
Vlag van Spanje Spanje 1,6–1,8 miljoen[7]
Vlag van Venezuela Venezuela 1,6 miljoen[8]
Vlag van Israel Israel 1,5–1,7 miljoen[9]
[10]
Vlag van Iran Iran 1,5 miljoen[11]
Vlag van Italië Italië 1,5 miljoen[12]
Vlag van Tsjad Tsjad 1,4 miljoen[13]
Vlag van Meksiko Meksiko 1,1 miljoen[14]
Vlag van Chili Chili 1 miljoen[15]
Vlag van Colombia Colombia 700 000–1 miljoen[16]
Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk 500 000[17]
Vlag van Duitsland Duitsland 500 000[18]
Vlag van Nederland Nederland 480 000[19]
Vlag van Kanada Kanada 450 000[20]
Vlag van Australië Australië 350 000[21]
Vlag van Honduras Honduras 275 000[22]

Taal: Arabies, Engels, Frans, Hebreeus
Geloofsoortuiging: Hoofsaaklik Soennitiese Islam (ook Sjiïtiese Islam, nie-denominasionele Islam, Ibadi-Moslems); minderhede Christendom, Droese, Baha’i;[23] Ateïsme, Agnostisisme, Deïsme[24]
Verwante etniese groepe: Ander Semitiese en Afro-Asiatiese volke

Die Arabiere (Arabies: عَرَب, ‘arab, [ˈʕarab], ) is 'n groot en heterogene Semitiese etniese groep wat veral in die Midde-Ooste, Noord-Afrika en aan die Horing van Afrika aangetref word. Hulle het met die uitbreiding van die Islam in die 7de eeu vanaf die Arabiese Skiereiland en Wes-Asië versprei. Tussen 430 en 450 miljoen Arabiere leef wêreldwyd, waarvan die meeste in die Arabiese wêreld. Daarmee is die Arabiere die tweede grootste etniese groep naas die Han-Chinese. Belangrike Arabiese minderhede leef in Iran, Israel en Turkye. Die bande wat Arabiere verbind is taalkundige, kulturele, politieke en etniese feite. Palestyne en Sahrawis is van die bekendste Arabiese deelgroepe.

Lande van die Arabiese wêreld
Die vlag van die Arabiese opstand teen die Ottomaanse Ryk word soms as vlag van die Arabiere beskou.[25]

Die meeste Arabiere is aanhangers van die Soennitiese Islam en hul moedertaal is Arabies. Die Arabiese diaspora is een van die grootstes ter wêreld en het in lande van die Amerikas, Europa, Suid- en Suidoos-Asië gevestig. Die meeste mense van Arabiese afkoms buite die Arabiese wêreld leef in Brasilië (9 miljoen), gevolg deur Frankryk (5,9 miljoen), Argentinië (4,5 miljoen), die Verenigde State (3,5 miljoen), Spanje (1,6–1,8 miljoen), Venezuela (1,6 miljoen), Italië (1,5 miljoen), Meksiko (1,1 miljoen), Chili (1 miljoen) en Colombia (700 000–1 miljoen). As gevolg van die Arabiese Lente met burgeroorloë soos die Libiese (2011) en die Siriese Burgeroorlog (sedert 2011) het miljoene Arabiere van hul tuislande gevlug, waarvan die meeste na Europese lande soos Duitsland.

  1. (en) Margaret Kleffner Nydell Understanding Arabs: A Guide For Modern Times, Intercultural Press, 2005, ISBN 1-931930-25-2, page xxiii, 14
  2. "Saudi Aramco World : The Arabs of Brazil". saudiaramcoworld.com (in Engels). September 2005. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 April 2020. Besoek op 19 April 2016.
  3. "France's ethnic minorities: To count or not to count". The Economist (in Engels). 26 Maart 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Mei 2018. Besoek op 19 April 2016.
  4. (ar) "الهجرة السورية اللبنانية إلى الأرجنتين". Fearab.org.ar. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Junie 2010. Besoek op 13 April 2010.
  5. "The Arab American Institute" (in Engels). Aaiusa.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Junie 2010. Besoek op 17 September 2011.
  6. Joshua Project. "Country – Turkey :: Joshua Project Joshua Project" (in Engels). Joshua Project. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 April 2020. Besoek op 19 April 2016.
  7. "¿Cuántos musulmanes hay en España? Estudio demográfico orientativo sobre la población musulmana en España" (in Spaans). islamhoy.com. 4 Desember 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 September 2018. Besoek op 19 April 2016.
  8. "Abdel el-Zabayar: From Parliament to the Frontlines". The Daily Beast (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Maart 2017. Besoek op 19 April 2016.
  9. "Israel in Figures" (PDF) (in Engels). Jerusalem: Central Bureau of Statistics. 2010. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 8 April 2020. Besoek op 19 April 2016.
  10. "65th Independence Day – More than 8 Million Residents in the State of Israel" (PDF) (in Engels). Jerusalem: Central Bureau of Statistics. 14 April 2013. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 4 Oktober 2018. Besoek op 19 April 2016.
  11. "Iran". The World Factbook (in Engels). Central Intelligence Agency. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 April 2020. Besoek op 19 April 2016.
  12. (en) "Islam in Italy – Euro-Islam: News and Analysis on Islam in Europe and North America". www.euro-islam.info. Besoek op 19 April 2016.
  13. "Chad". The World Factbook (in Engels). Central Intelligence Agency. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 April 2020. Besoek op 19 April 2016.
  14. Ben Cahoon. "World Statesmen.org" (in Engels). World Statesmen.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 April 2020. Besoek op 19 April 2016.
  15. (es) En Chile viven unas 700.000 personas de origen árabe y de ellas 500.000 son descendientes de emigrantes palestinos que llegaron a comienzos del siglo pasado y que constituyen la comunidad de ese origen más grande fuera del mundo árabe. Geargiveer 10 Junie 2010 op Wayback Machine
  16. "Arabes en Colombia" (in Spaans). 25 Januarie 2004. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 19 April 2016.
  17. Dr Anthony McRoy PhD. "The British Arab" (in Engels). National Association of British Arabs. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 April 2019. Besoek op 19 April 2016.
  18. (de) http://www.cz-herborn.de/arabische/ Geargiveer 30 Desember 2013 op Wayback Machine
  19. "Dutch media perceived as much more biased than Arabic media – Media & Citizenship Report conducted by University of Utrecht", Utrecht University, 10 September 2010, archived from the original on 28 Februarie 2019, https://web.archive.org/web/20190228151603/http://www.media-citizenship.eu/images/stories/pdf/Amsterdam_national_focus_group_report.pdf, besoek op 29 November 2010 
  20. "The Arab Community in Canada" (in Engels). Statistics Canada. 16 Augustus 2007. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2018. Besoek op 19 April 2016.
  21. "Monash University Research Repository" (PDF) (in Engels). Monash University. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 27 Maart 2018. Besoek op 19 April 2016.
  22. "The Arabs of Honduras" (in Engels). Saudi Aramco World. Julie 2001. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2014. Besoek op 19 April 2016.
  23. An Introduction to the Baha'i Faith – Page 88, Peter Smith – 2008
  24. (en) Sharif, William (2010). Christianity, Islam and Secular Criticism. p. 44.
  25. "Pan-Arab Colours" (in Engels). crwflags.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Maart 2019. Besoek op 19 April 2016.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search